Sarie Marais (met 2de Vryheidsoorlog foto's / with ABWII pictures) - Kenneth McKellar

Views: 1
0
0
Susara Margaretha (Sarie) Maré is die vrou oor wie dié volksliedjie “Sarie Marais” handel. Sy was die oudste dogter van Jacob Philippus Maré en Cornelia Susanna Jacoba Erasmus en is op 15 April 1869 op die plaas Eendraght, Suikerbosrand, distrik Heidelberg, Tvl., gebore. Jacob Maré was later lid van die uitvoerende raad van Transvaal. Jacob Maréstraat in Pretoria is na hom genoem. Sarie Maré se ouers was Voortrekkers en het in die omgewing van die Suikerbosrand gaan woon voor die dorp Heidelberg gestig is. Die grootste konsentrasie Voortrekkers het hulle in die wyk Mooirivier bevind, waar die dorp Potchefstroom aangelê is. Suikerbosrand was in die wyk Mooirivier (een van die vyf wyke destyds in Transvaal) geleë, wat gestrek het vanaf Potchefstroom tot die huidige Wolmaransstad en Makwassie. Sarie het Jacobus Petrus Toerien, 'n verslaggewer van Di Patriot van die Paarl, ontmoet toe sy 15 of 16 jaar oud was. Hulle is op 19 Desember 1884 getroud en het op Po<br/><br/>